YOU ARE HERE:
Monday, 24 August 2015 13:25

Suid Afrika en sy mense

Rate this item
(1 Vote)

Suid Afrika en sy mense is so gewoond daaraan om deel te wees van die sosiaal aanvaarbare norme van die samelewing.  Elke dag , elke maand en elke jaar is so vol van tradisies wat in werklikheid nooit ooit ondersoek sal word om te sien of dit enige bydra lewer tot 'n beter verhoudings 'n beter huisgesin, beter familie of beter lewensomstandighede nie. Slimfone het so deel geword van die samelewing dat mens bymekaar sit en op hulle telefone gesels.

Elke maand vir jare betaal ons maar net, is ons bankrekenings oop vir die bank om te neem wat hulle besluit, jou polisse, kort en langtermyn, jou M-net , jou telefoon, jou water en ligte, jou motor, jou huis  net wat jy so as vanselfsprekend aanvaar het.  Jy werk elke maand en sorg dat daar genoeg is vir hierdie mense om te vat.

Dis die  mense wat jou motor, jou huis en jou eiendon heel eerste vat as jy nie betaal nie, en jou van die oggend tot die aand dreig met hulle oproep sentrums.

Begin om jou Debietorders te beheer.  Mense koop omdat hulle skuld kry, en daarom staan daar hope gemors in huise rond. Kredietkaarte word aan jou gegee, met baie hoe rente, omdat hulle jou van dag een af nie vertrou nie.  Word wakker en begin jou eie geld beheer. Niemand andes as jy moet in beheer wees nie.

Moenie probeer deel wees van die groep nie. Jy staan uit jy val nie in nie. Moenie dat die Maatskappye jou intimideer met syfers en waaskuwings om jou geld te vat nie. Jy is nie 'n skaap wat in 'n trop hoort nie jy staan op jou eie voete.

Die invloede en die omgewing waarbinne jy bly, werk en beweeg, speel 'n baie belangrike rol in wie en wat jy is. Die lewenstyl van 90 % van alle mense is gejaag, en niemand kry eintlik meer die kans om mekaar goed te leer ken nie.

Meeste van die goed is negatief en emosioneel van aard.  Daar is soveel dinge om elke dag van te kies, en dit maak dit moeilik om die regte keuses te maak. Mense is oorgewig, vet en neem geen verantwoordelikheid vir hulle gesondheid nie, maar het 'n oop rekening vir mediese fondse.  Mense hardloop agter die belonings aan van punte  en dink nie daaraan dat hulle eintlik mislei word nie. 

Dis baie belangrik dat jy weet wie jy, waarheen jy oppad is, en wie jy nodig het in jou lewe. Niemand kan volmaak keuses maak, as jy nie enigsins inligting het nie.

Die wereld kan jou nie gelukkig maak nie, geluk le in jouself. Dit begin in jouself.  Quanlim Life sal jou help om daardie innerself en innerkind te ontdek.

Meeste mense het geen idee waarheen hulle oppad is nie, en daarom kom meeste mens nooit by die bestemmig uit, wat hulle veronderstel was om self te bereik  nie. Jy kry net uit die lewe wat jy van die verwag. Jou denke asook jou spreke sal bepaal waar jy in die lewe staan.

Daarom is dit belangrik om nie met negatiewe mense te meng nie. Prys jouself, en wees opgewonde oor jouself. Glo in jouself, en wees trots op jouself.

Verander gereeld jou daaglikse gewoontes en pas aan om jou doelwit te bereik. Jy het nie nodig om enigsins van jou waarde stelsel ontslae te raak nie.

Kry mense uit jou lewe wat arrogant is, self ego het, en hulle waardes meet aan Metaal plasties en Kontkreet en waarvan baie die "limelight" gebruik om gesien te word.

Jy het nie nodig om enigsins minderwaardig te voel teenoor 'n sogenaamde materieele ryk familie of mens nie.  Geen mens is beter as jy nie.

Jy raak nie betrokke in redenasies met mense wat jou wil emosioneel manipuleer en jou will laat afdaal na hulle vlak nie. Jy het nie nodig om aan enige iemand verslag te doen nie, behalwe aan jouself.

Ons konserwatiewe denke, asook ons geneigdheid om te oordeel op grond van "reg" en "verkeerd" maak dat baie mense te bang is om sekere dinge te ontdek.

Vrae eerder of dit wat jy dink, praat of aanpak "goed" of "sleg" is vir jou. Jy is nie "victim" van enige iets of iemand nie. Geniet wat vir jou lekker is en moenie dat mense jou keuses en waardes bepaal nie.

Ons samelewing is nie meer gelukkig nie, daar gebeur te min opwinding in meeste van ons mense se lewens, en dit maak dat mense jaloers is op mekaar hulle geluk en hulle sukses. Ons mense is kwaad, en verbitterd en alles gaan oor oorlewing. Dit wat jy gister gedink het, is waar jy vandag staan, wat jy vandag dink is waar jy more is. Die wereld en sy mense is "greedy" en wil alles uit alles haal so gou as moontlik en niks terug sit nie.   Almal kyk wat doen die mens om hom. 

"Facebook" ontneem jou van jou huisgesin en jou privaatheid, dit het die spreekbuis geword vir mense wat alleen is, dit het die "bragbook" geword van poppies en mense wat graag wil hoor hulle is mooi.  Die wereld sien alles van jou , dis nie nodig nie.

Jy kyk Televisie word mee gevoer deur alles wat jou vertel word in jou eie huis.  Lewe jou eie lewe.

Die korporatiewe wereld is die grootste sondebokke, hulle bemark die grootste hoop gemors aan mense wat nie  dink voor hulle koop nie.

Die direksie en uitvoerende bestuur van maatskappye verdien te veel in salarisse, hulle is nie eers die helfte daarvan werd nie. 

Geld word vermors op duur etes, vakansies, oorsese reise, duur motors en alles word net by die prys gevoeg.  Hierdie mense lewe in hulle eie wereld en verreik hulle self met jou geld.  Hulle lewenstandaard bepaal hulle salarisse.

Sorg dat jy uniek is en dat mense bereid is om jou te betaal vir jou diens.  Maak seker dat jy 'n loopbaan het en nie net 'n werk nie.   Die wereld sal jou eiendom of geld wil he om daaruit geld te maak.  Wees wakker en vra altyd, "wat se julle my nie"

Mense is ongelukkig in hulle verhoudings, en kan baie kere nie daaruit kom nie. Wees gelukkig in jouself eers, geen mens kan jou gelukkig maak nie.   Luister na jouself, en jy sal al die antwoorde self kry. Dis net mense wat ander mense ontstel en siekmaak.  Kies jou vriende seletief, en moenie betrokke raak met mense wat nie goed is vir jou en waarde toevoeg tot jou lewe nie.

Aan jou vrugte wat jy dra sal jy geken word. Moet nooit groter wil wees as die wereld waarin jy leef nie. Wees nederig en vermy arrogansie en self Ego want dit lei tot "suffering" en tot verlies aan iets baie kosbaars wat jy nooit weer sal kan vervang nie. Moenie aan ander mense doen wat jy nie aanjouelf gedoen wil he nie.

Jy het nie nodig om enige ander mens se probleme waaroor hy/sy net kan praat te "entertain" nie. Moenie gunsies en gawes aanvaar nie, dit gaan terugkom en jou byt op 'n dag wat jy dit die minste verwag.  Pas jou naam op , hou jou woord en moenie deel word van mense wat mekaar iets skuld nie. 

Ons maak die twee grootste besluite in ons lewens naamlik ons beroep en ons lewensmaat, terwyl ons eintlik nog baie onvolwasse is.  Jy kan nie hierdie belangrike besluit op so 'n onprofessionele wyse laat doen nie.

Word jouself , ontdek jouself, en wees gelukkig in jouself.  Jy maak geen Ikon van enige mens nie, jy raak nie opgewonde oor ander se prestasies nie indien dit nie deel van jou familie of vriende is nie.  Jy is jou eie Ikon. Jy trap jou eie voetspore en jy staan op jou eie voete.

Ken jou tradisies, ken jou familie en weet waar jy vandaan kom.  Maar moenie dat jy jou vryheid verloor deur ou tradisies wat nie meer deel is van die 20 ste eeu nie.

Baie van ons mense dink baie meer met hulle hart, as met hulle kop. Vermy  emosionele besluite. Geen mens het die reg om hulle opinie vrylik oor jou te spreek nie, of jou te oordeel nie. 

Maak tyd om dinge te doen wat jy jou hele hart en siel insit, lag en wees gelukkig. Moenie uitstel nie, doen wat jy dink en geniet dit, jy het Geen mens se toestemming nodig nie. Moenie dat jy gemanipuleer word deur ou niksseggende waardes wat jou wil beperk nie. As jy deel wil wees van 'n groep is dit jou keuse en dan maak jy soos hulle se, anders verlaat jy die groep.

Ons kinders word vernietig op skool omdat daar permanente druk op hulle is om te presteer. Ons kinders speel nie meer nie, hulle word oorlaai duer huiswerk en geniet glad nie meer hulle kinderdae nie. Hulle kan nie meer kommunikeer behalwe deur 'n slimfoon nie. Ons kinders is "gestress" ongelukkig en het nie meer die "Joy " in die lewe nie.

Ouers wil hulle eie mislukte prestasies oordra aan hulle kinders om beter te doen. Kinders word so gemanipuleer om hulle ouers se beroepe te volg wat meestal gemik is op geld en prestasie. Nog steeds word kinders met een of ander siekte geidentifiseer deur een of ander Dr of sielkundige wat dan bloot eenvoudig 'n pilletjie voorskryf en almal is gelukkig. Die grootse klomp twak word aan ouers verkoop in die vorm van oefeninge, lesse ens.
Daar is 'n tyd vir alles. en niks kan ryp gedruk word nie. Ondersteun jou kinders, leer hulle waardes by die huis, en laat hulle speel en hulle lewe geniet.

Die lewe is in jou hande... jy maak soos jy wil.

As jou huidige gedrag and gewoontes nie vir jou enige sukses inbring nie, dan moet jy dit verander.

Word wakker Suid Afrika, staan op en beheer jouself, jou geld..en hou op om alles te glo wat aan jou verkoop word. Pas jou liggaam op, eet gesond en leef gesond.  Lewe nou en moenie net bestaan nie...

Jy lewe nou... op die oomblik en moenie dat enige mense met sy woorde, dade of werke jou ontstel nie. Jy is vir niks en niemand bang nie, jy vrees geen mens nie. Glo in jouself, wees trots op jouself en jou familie. Ondersteun die mense wie jy lief het.  ..en LEWE.. en LEWE in LIEFDE en VREDE.

Jy lewe NOU